Laerskool Bakenkop

Rekenaarsentrum


 
rekenaarsentrum

Is jou kind reg vir die nuwe tegnologiese era?

Bakenkop beskik tans oor 2 rekenaarsentrums. Al die leerders kry elke week die geleentheid om die sentrums te besoek. Hier doen ons dan of Rekenaargesteunde onderrig soos vir Afrikaans, Engels, Wiskunde of Wetenskap of dan rekenaaarvaardighede en navorsing. Die leerders kry die geleentheid om te leer om die Microsoft produkte te gebruik. Al die lesse word in oorleg met die leerareas uitgewerk en ons leerders lewer puik werk! Ons gee ook aandag aan tikaardighede - spoed en akkuraatheid.

Die rekenaars word ook in die namiddae gebruik vir RO en Verryking. Die klasse word behartig deur 'n kundige persoon. Daar is ook 'n klas vir die leerders wat nog meer rekenaarvaardig wil word. Sien jou daar!

Ons sentrum is pouses oop en ook in die namiddae vir leerders of ook ouers wat 'n draai wil maak om navorsing te doen op die internet of cd's.

Daar kan ook speletjies gespeel word. Ons keur egter eers die speletjies.

Al Bakenkop se personeel was al op rekenaarkursusse en gebruik die rekenaars in hulle verskeie leerareas.

Ons glo daaraan om die kind die beste toe te rus vir die toekoms.

Hip-hip-hoera vir rekenaars.......