Main menu
Bakies het op 9 September almal Springbok hemde aangetrek en vlae en banniere gemaak. Hulle het almal 7 uur die oggend teen die draad van die hokkieveld wat in Hendrik Verwoerdstraat is gaan staan en al die motors se aandag getrek met hulle vlae, banniere en bokmusiek. Die motoriste was almal net so opgewonde soos die Bakies oor die Springbokke se eerste wedstryd wat op 11 September afgeskop het teen Wallis! Asof die Springbokke geweet het die Bakies staan bankvas agter hulle, het hulle die 1ste wedstryd gewen!