
Ekspo
Baie geluk aan die volgende Bakies wat deelgeneem het aan die Noord – Gauteng Ekspo te Tukkies in September 2009. Ons is trots op julle.
- Gr 7 - Simon Wepener, Bronsmedalje
- Gr 7 - Henk Roets, Silwermedalje
- Gr 7 en Gr 5 Martinus en Natasha Nel, Silwermedalje
- Gr 6 - Divan Henning,Silwermedalje
- Gr 6 - Laurine Kleynahns, Silwermedalje
- Gr 5 - Leandri van Zyl, Silwermedalje
- Gr 5 - Pieter Joubert v d Merwe, Silwermedalje
Wetenskap Ekspo
Deur deel te neem aan EKSPO verbreed ‘n mens jou bewustheid van die rol en wonder van die Wetenskap: Dit dra by tot die totaliteit van ‘n mens se kennis en verbreed wetenskaphorisonne. Deelname speel ook ‘n belangrike rol in die stimulering van denke wat kan lei tot innoverende denkende landsburgers wat weer as entrepreneurs kan optree in die tye waarin ons leef.
Leerders neem vanaf gr. 5-7 verpligtend deel aan die interne uitstalling.
- KATEGORIEë VIR INSKRYWINGS
- LEWENSWETENSKAPPE
- Plantkunde
- Dierkunde
- Omgewingswetenskappe en ekologie
- ALGEMENE WETENSKAPPE
- Fisika
- Chemie
- Aardwetenskappe en sterrekunde
- REKENAARWETENSKAPPE
- Teorie en programmering
- INGENIEURSWESE
- Elektries, elektronies en rekenaar
- OPE KATEGORIEë
- Energie
- Geesteswetenskappe
- Argitektuur, behuising en akkommodasie
- Mediese wetenskappe en gesondheidsorg
- Afvalmateriaal hersiklisering
- LEWENSWETENSKAPPE
- WAAR OM GOEIE IDEES TE KRY
- Skoolsillabus: Neem ‘n bekende onderwerp/probleem uit die sillabus en doen die volgende:
- Alternatiewe inligting aanpark
- Uitbreiding (horisontaal)
- Verdieping (vertikale)
- Vaktydskrifte
- Praktyk – bv. myngemeenskap
- Navorsingsinstansies
- Klubs/Verenigings
- Stokperdjies
- Skoolsillabus: Neem ‘n bekende onderwerp/probleem uit die sillabus en doen die volgende:
- WERKSWYSE WAT DEUR LEERDERS GEVOLG WORD
- Leerders kies ‘n onderwerp waarin hy/sy besonder belangstel
- Raadpleeg alle beskikbare literatuur, tydskrifte en boeke omtrent die onderwerp
- Stel ‘n plan van aksie op
- Versamel, bou of eksperimenteer
- Skryf ‘n verslag, meld bronne soos onderaan uiteengesit en maak ‘n gevolgtrekking
- Maak seker dat jy iets nuuts bewys of iets verbeter of iets ontdek
- DEELNAME INTERNE KOMPETISIE
- Uitstalling vind plaas in die saal, uitstalruimte 1,2 m breed
- Sorg vir eie tafeldoeke, muurproppe, verlengkoorde, ens.
- Uitstalwaarde moet hoog wees (moet aandag trek)
- Die doel van jou projek moet duidelik wees
- Wetenskaplike ondersoek (tabelle, grafieke, bewerkings) moet duidelik uiteengesit word
- Gevolgtrekking moet duidelik wees
- Indien dit ‘n werkende model is, moet dit werk
- Indien ‘n leerder gevra word om te gesels, moet hy duidelik weet waaroor dit handel.
- DEELNAME AAN STREEKKOMPETISIE
- Die skool se kwota vir 1999 was 11
- Die skool sal die inskrywingsfooi van u verhaal (1999 R30 per inskrywing)
- Al bogenoemde reëls geld gewoonlik, behalwe dat elkeen moet kan gesels en verduidelik aangaande sy projek tydens beoordeling.
- BEOORDELING VAN PROJEKTE
Kriteria waarvoglens beoordeling plaasvind:- Skeppende bekwaamheid: Hier word gelet op aspekte soos: benadering, kreatiwiteit, insig.
- Wetenskaplike denke: Logiese uiteensetting of verloop van projek. Word moontlike leemtes deur uitstaller raakgesien? Kan moontlike uitbouing deur uitstaller voorgestel word? Het die projek enige waarde of toepas-sing vir die leerder?
- Vaardighede en tegnieke: Watter vaardighede is gebruik en ontwikkel in ontwerp en konstruksie? Van watter hulp het uitstaller gebruik gemaak en hoe is daarvan gebruik gemaak? Watter fasiliteite was tot die uitstaller se beskikking?
- Aanbieding van onderwerp: Is die uitstalling treffend/trek dit die aandag en belangstelling? Word inligting netjies, duidelik en logies aangebied? Dra die uitstalling die tema/doel van die projek uit?
- Deeglikheid: Is die projek deeglik nagevors en is die uitstaller goed onderlê in die onderwerp? Is die uitstaller bewus van ander benaderings-wyses? Met watter mate van sorg en toewyding is die projek aangepak?
- Begrip van inhoud: Kan die uitstaller met insig en entoesiasme oor die onderwerp praat en vrae beantwoord of is die toespraak uit die kop geleer? Hoe het die uitstaller sy/haar kennis bekom?
By ‘n skool-ekspo is dit nie nodig om wenners in die kategorieë aan te wys nie. Dit is soms baie moeilik om tussen twee hoogs uiteenlopende projekte in dieselfde kategorie te differensieer en daarom mag dit wenslik wees om dan slegs finaliste aan te wys wat na die streeksuitstalling deur-dring. Die onderwyser kan wel ‘n punt gee wat dan kan tel as ‘n vak-punt. Die wenmotief moet tog nie voorop gestel word nie, want dit gaan in die eerste plek oor die genot van deelname, die verbreding van die kind se kennis, ontwikkeling van sy/haar talente en die verwerwing van bepaalde vaardighede.
NB:
- ‘n Projek wat slegs in ‘n boekvorm met prentjies hier en daar geplak is, is onaanvaarbaar. (Net fotostate, nie eers ingekleur nie, is ook onaanvaar-baar!)
- Begin vroegtydig!
- Doen regtig moeite!
