Main menu
Lees bietjie Bakies se spog-
Goeiedag
Wat 'n wonderlike voorreg was dit nie. Dit was fantasties.
Baie geluk aan alle betrokkenes wat dit so 'n groot sukses gemaak het.
Hoop julle hou weer 'n skouspel volgende jaar.
Vriendelike groete
'n Oupa
François Havenga
Goeie more Izett,
Ons het gisteraand die Gala aand van die Revue bygewoon en ek het gedink dit sal paslik wees om net my absolute trots deur te gee vir die skool. Die revue (en totale funksie) was van hoog staande gehalte -
Ek wil net baie dankie sê vir juffrou Tersia vir al haar insette met die revue om dit so voortreflik te maak. En dan in dieselfde asem die ander onderwysers wat geduldig in die klasse die kinders opgepas het -
Ons is baie trots om deel van Bakenkop te wees -
Hoop jy het 'n wonderlike dag.
Vriendelike groete
Izaan van Coller
Regional Manager | Human Resources
MEDICLINIC SOUTHERN AFRICA
Goeie More
Ek wou al verlede week hierdie brief skryf, maar weer dit nagelaat.
Hiermee wil ek graag die skool, onderwysers, ouers en veral die kinders baie gelukwens met die skouspel wat aangebied is. Dit was ongeloofwaardig. En nog boonop op tyd en baie presies aangebied.
Ek is dankbaar om te sien dat daar niks verkeerd staan by Bakenkop nie en dat met die 'op tyd' aanbieding van die skouspel vir my vertel dat hier leer ons kinders nog die waardes van menswees.
Baie geluk. Boonop op die koop toe vir Bets Streicher weer raakgeloop. Bets geluk met jou verjaardag vandag. Mooi jaar word jou toegewens.
Groete en doen so voort.
Julle wonder seker wat ek daar gemaak het, my kleinkind Ane van Eetveld is by Juf Corrie in graad nul en mamma en haar oom was ook daar in die skool (Lynette en Raymond Knott)
Johanna Hattingh
Liewe Izette
Ek hoop dit gaan goed.
Die revue was fantasties. Dankie aan elke siel wat dit n onvergeetlike geleentheid gemaak het.
Weet jy wat was vir my die lekkerste?
Om elke aand my twee girls se gesiggies te make-
Minnette, so donker met wenkbroue waarna elke vrou smag! Shelley sin, moes ek soek, daai ligte ou haartjies om die oe en die sproet gesiggie.
Ek het opnuut besef hoe kosbaar ons kinders is en hoe gelukkig ons onsself moet ag, om in al hul avonture te kan deel.
Dankie aan ALMAL, wat hard gewerk het. Ek gaan niemand uitsonder nie.
O, my Taal
elke Bakie gemaak van staal
elkeen so mooi
in hul klere getooi
rooi lippies, rooi wange
bring terug die kindertyd verlange…. (Dit was n fees, dankie! Mwa)
Bakies Bo !!!!!!
PS: die revue het my so ge-
Vriendelike Groete
Michelle
Personeel en kinders van laerskool Bakenkop
Ek wil julle graag geluk wens met die uitstekende vertoning en heerlike kos gistraand. Dit was werklik 'n belewenis.
Lizet van Rooyen