Algemene Inligting - Laerskool Bakenkop

Go to content

Main menu

Algemene Inligting

Bakie Info > Naskool
 

Die naskoolsentrum van Laerskool Bakenkop is onder die beheer van die Beheerliggaam van Laerskool Bakenkop.  Die Adjunk Hoof voer die beheerfunksie namens die Beheerliggaam uit.

Naskool personeellede neem verantwoordelikheid vir die dag tot dag funksionering van die naskoolsentrum.

Die personeel van die naskoolsentrum is meestal gekwalifiseerde onderwysers of studente wat in onderwys/ander menswetenskappe studeer.

Die kos vir de naskoolsentrum word by Fruit and Veg en Makro aangekoop so gereeld as moontlik om varsheid te verseker.

Voorbeeld van spyskaart
Maandag - Macaroni en kaas en verrassing
Dinsdag - Worsbroodjies en verrassing
Woensdag - Pasteie en verrassing
Donderdag - Vetkoek en verrassing
Vrydag - Bolognaise/maalvleis en verrassing


Die leerders kry elke dag 'n proteïen, goeie gehalte vrugtesap en 'n verrassing (lekker vrug, roomys as voorbeeld).  Sien die skool se webwerf vir die soort kos wat die naskool bied.

Veiligheid is belangrik.  Vir veiligheidsredes word leerders daagliks aangeteken tydens ete en studietyd.  Ouers teken uit as hul hul kinders afhaal.

Dit is nie net 'n bewaarskool nie, maar 'n volledige naskoolsentrum.

'n Daaglikse program sien as volg daaruit:

13:30 - 14:00 - Ete
14:00 - 15:30 - Studie of  huiswerksessie (laat sessie indien sport dit vereis)
15:30 -  16:15 - Spele
16:15 - 16:30 - Verrassing
16:30 -  17:30 - Spele - slegs vierkant, ter wille van veiligheid
17:30 - K9

Die naskoolsentrum word onafhanklik van die skool bedryf.  

1.   U sal voortaan kwartaalliks gehef word vir R1,500 per kwartaal. Hierdie bedrag kan maandeliks deur die loop van die kwartaal afbetaal word, maar moet op die 7de skooldag van elke betrokke maand opbetaal wees.
2.   Indien u kind nie meer die naskool gaan bywoon nie, moet 'n kwartaal kennis gegee word (en betaal word).
3.   Indien u vooraf 'n reëling tref vir minder dae per maand sal u dienooreenkomstig op maandelikse basis teen die dagtarief van R40 per dag gehef word (betaalbaar voor die 7e van die maand).
4.   Vir leerlinge van buite die naskool is die dagtarief vooruit betaalbaar - die bewys van betaling verseker toegang tot die naskool en iets te ete.



 
 
Back to content | Back to main menu