facebook-iconlinkedin-icontwitter-iconyoutube-icon

Bakies se Mediasentrum tops in Gauteng vir die Tweede keer!!
Die Gautengse Onderwysdepartement wys jaarliks die beste mediasentrums in Gautengse skole aan.

Tydens 2009 se ‘School Library Seminar’ het Bakenkop die eer ontvang om vir die tweede keer die toekenning genaamd “Winner of the School Library Award” vir die jaar 2008 te ontvang. Die toekenning is in die kategorie vir laerskole en is tydens‘n spoggeleentheid waar Gauteng skole verteenwoordig word, deur mev. Tina de Villiers in ontvangs geneem. Dieselfde toekenning is ook in 2007 aan Bakenkop se mediasentrum toegeken. Hierdie jaar is dit gedeel met Glenstantia Primary.

Juf. Rejeanne skryf dit veral daaraan toe dat lees deurlopend en op verskillende interessante maniere by die Bakies bevorder word vanuit die madiasentrum, die rekenaarsentrum (gesamentlik bekend as die inligtingsentrum) en vanuit die klaskamer. Daar word ook groot moeite gedoen met die aankoop van boeke en die samewering van die beheerliggaam ten opsigte van die begroting getuig van die groot waarde wat daar aan lees vir plesier sowel as inligting geheg word.


Bakenkop se mediasentrum beskik oor ongeveer 7800 boeke wat fiksie, verhale, naslaanwerke en vakliteratuur insluit. Daar is ook 'n groot voorraad oudiovisuele media wat prente, skyfies, videokasette, oudio-kasettte, transparante, multi-media pakkette, rekenaar cd's en musiek cd's insluit. Oudiovisuele apparaat word ook aan onderwysers uitgereik vir klasgebruik.

Leerders besoek die Mediasentrum tydens skoolure vir onderrig van mediavaardighede, om navorsing te doen in hulle verskeie leerareas en ook om boeke uit te neem. Die sentrum is oop gedurende pouses en ook naskool tot 15:00. 'n Uiters bekwame onderwyseres-bibliotekaresse is voltyds aan diens. Leerders word ook hier die geleentheid gegun om Medialeiers te wees. Gereelde leesweke word gehou en statistieke toon dat die Bakies ywerige lesers is!

IMG 2561     IMG 2562     IMG 2564    IMG 2565      IMG 2573         

 


  1. NUUT
  2. KOLLIG
  3. POPULER
AKADEMIESE PRESTEERDERS GR 7 2017
StephanBaie geluk aan die leerders wat op Akademiese gebied 'n sertifikaat en/of trofee ontvang het vir jou harde werk in 2017. Hieronder is ons uitsonderlike presteerders wat trofees ontvang het. 'n...
Lees verder...
AKADEMIESE PRESTEERDERS GR 6 2017
6algBaie geluk aan die leerders wat op Akademiese gebied 'n sertifikaat en/of trofee ontvang het vir jou harde werk in 2017. Hieronder is ons uitsonderlike presteerders wat trofees ontvang het.
AKADEMIESE PRESTEERDERS GR 5 2017
5aka kleureBaie geluk aan die leerders wat op Akademiese gebied 'n sertifikaat en/of trofee ontvang het vir jou harde werk in 2017. Hieronder is ons uitsonderlike presteerders wat trofees ontvang het.
GR R PUTT PUTT BAAN
IMG 5939Daar is nie nog so 'n cool plek om by te wees soos by Gr R in Bakieland nie! Ons het ook in Junie 2015 ons eie putt putt baan vir die Gr R leerders gebou! Dit bevorder natuurlik groot en klein...
Lees verder...
GESINSAKTIWITEITE
KOERANT 2Groot sukses word behaal met ouer en kind aktiwiteite. Daar is Pa-en seun oorslaap aande en Ma en dogter kuiers. Aandag word geskenk aan Pa en Seun verhouding wat deurlopend geoefen word deur...
Lees verder...
HULLE IS HIER
DSC 0930Bakies het sy eie 2 gelukbringers…Blitzi. Blitzi is van die planeet Bakelonia. Blitzi is nie 'n seuntjie of 'n dogtertjie nie maar sommer net 'n Besige Bakie Blitzi. Blitzi is orals te sien in...
Lees verder...
PERSONEEL 2018
UITVOERENDE BESTUURSPAN 2018 Mnr Willie Fourie Hoof Mnr Chris Henrico Mev Marika van Wyk Mev Sharon du Plessis Mev Ilse Grobbelaar Mev Liezl Walters van Jaarsveld Mev Izett Grimsell DR Hendrik...
Lees verder...
SKOOLGELDE EN BANKBESONDERHEDE
Die skoolgelde vir 2018 is vasgestel op die Algemene Ouervergadering op 18 September 2017. Druk hier om die skoolfooie en naskoolgelde vir 2018 te sien. Die bankbesonderhede is soos volg:...
Lees verder...
HOEKOM LAERSKOOL BAKENKOP?
'n Dinamiese gebalanseerde Afrikaanse skool met +-1150 leerders. Ons is kindgedrewe. Hier kry elke kind ‘n geleentheid om deel te neem. Hoë vlak akademie. Ons fokus nie net op die toppresteerders...
Lees verder...