Laerskool Bakenkop

Remediërende Onderrig


Gestaltspeelterapie by Laerskool Bakenkop

Ek is ‘n onderwyseres by Laerskool Bakenkop en het verder gestudeer om myself te kwalifiseer as ‘n Speelterapeut. Ek het die kwalifikasie MDIAC-Gestaltspeelterapie in 2005 behaal. Ek het ‘n passie vir kinders en dra hul besorgdhede en bekommernisse na aan my hart. In die Speelterapeutiese program word aandag gegee aan enige traumatiese gebeurtenis wat ‘n kind mag ervaar, of deurleef het. Deur speel en gesels word die kind se besorgdhede en bekommernisse in perspektief gestel, sodat die kind:

  • Persoonlik kan groei
  • Sy/haar eie uniekheid kan ontdek
  • Bemagtig word om volgens sy/haar volle potensiaal te ontwikkel
  • Enige trauma te verwerk.

Die doel met speelterapie is die verdieping van die kind se bewustheid in die hier-en-nou. Hierdeur vind persoonlike groei plaas waar die kind innerlik versterk word om self keuses te kan maak en verantwoordelikheid vir sy/haar lewe te kan aanvaar. Bewustheid van, en kontak met die self, ander, en die omgewing, is van die twee belangrikste gedagtes in Gestaltspeelterapie. Die speelterapie word in die middag na skool, gratis aangebied. Indien u voel dat u kind hierby kan baatvind kontak my gerus by die skool.

Welna Croukamp

Remediërende Onderrig vir Graad 2 en 3

Remediërende Onderrig vir die ontwikkeling van lees- en spelvaardighede word vir Graad 2 aangebied. Lees- en spelvaardighede asook wiskundevaardighede word vir Graad 3 aangebied. Hierdie klasse word weekliks, gratis, by die skool aangebied. Die leerders word geïdentifiseer deur die klasonderwyseres en dan word daar ‘n toestemmingsbrief huistoe gestuur vir die ouer. Indien daar ouers is wat bekommerd is, kan u gerus dit met die klasonderwyseres bespreek wat weer verdere verwysings sal doen indien nodig.

Welna Croukamp