Laerskool Bakenkop

Grondslagfase


Ons bied Uitkomsgebaseerde onderwys in die volgende 3 Leerprogramme:

  • Geletterdheid
  • Gesyferdheid
  • Lewensvaardighede

Ons uitgangspunt en die basis waarop ons werk berus, is op die handhawing van Christelike waardes en norme. Elke onderwyser in die Grondslagfase leef hierdie waardes uit en elke leerder het 'n voorbeeld om na te streef.

Ons doelwit is om gelukkige kinders te vorm wat sukses wil behaal deur lewenslange leer deel te maak van hul lewens deur gebruikmaking van hul Godgegewe vaardighede en vermoëns.

Geletterdheid: dit wat ek leer lees, sien en hoor maak ek my eie met Juffrou se hulp, sodat ek dit skriftelik en mondeling kan weergee.

Gesyferdheid: met Juffrou se hulp en leiding, leer ek om op verskillende wyses getalle te hanteer en toe te pas.

Lewensvaardighede: deur veral groepwerk en interaksie met die maats leer Juffrou my om myself op 'n aanvaarbare wyse te handhaaf in my omgewing, sodat ek ook my bydrae kan lewer in my gemeenskap, my gesin my skool en vir my maats.

By Laerskool Bakenkop vind al hierdie leerareas op 'n geïntegreerde wyse plaas. Daar word ook gebruik gemaak van metodes soos groepwerk, navorsing, selfontdekking, teken- en skryfwerk.

Huiswerk en ouerondersteuning is deel van die kind se ontwikkeling en strewe na prestasie.


Ons hanteer die volgende temas / programorganiseerders hierdie jaar:

 Graad 1Graad 2Graad 3
1ste kwartaal Persoonlike ontwikkeling
Die mens
Verjaarsdag
Sirkus
Familie, Polisie,
Brandweer, Helde
Ons land
2de kwartaal Gesondheid
Veiligheid
Plaasdiere,
Wilde diere,
Mense, ander volke
Diere
Plante
3de kwartaal Entrepreneurs
Geld
Speelgoed
Vervoer
Voedsel
Natuurverskynsels
Ruimte
4de kwartaal Seisoene
Diere
Kleding
Wol, Katoen,
Sy, Leer
Ruimte
Kersfees